… uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig
Verhoudings, Gedagtes en Selfsorg
Gebou op die fondasie van Markus 12v29-31
‘n Reis van Liefde: van God na jou – deur jou – na ander om jou!
Ware Identiteit en Herstel
Liefde begin by God. Dit vloei in jou hart in, vernuwe jou gedagtes en tranformeer jouself en jou verhoudings. Ware en blywende verandering begin by die ken van God en ’n begrip van wie jy in Christus is. Genesing begin nie net by hoe jy na jouself kyk nie, maar ook by die aanvaarding van wie jy is. Deur middel van Bybelse berading, begeleiding en mentorskap, word jy gelei om geestelik te groei, jou verhouding met God te verdiep, jou ware identiteit te ontdek en ’n stewige fondament te bou wat in God se Woord gewortel is. Vanuit hierdie plek van identiteit, duidelikheid en doelgerigtheid, vloei gesonde leefstylkeuses natuurlik en floreer verhoudings — selfs in moeilike tye.
Met dit in gedagte, dit is moeilik om ander waarlik lief te hê as jy nie self heel is nie. Om hierdie rede fokus ek op: Verhoudings, Gedagtes en Selfsorg
Gesonde verhoudings.
…deur vergifnis, grense en genade vir God, jou naaste en jouself.
Gesonde verhoudings begin by die verstaan van wie jou Skepper is.
Wanneer ons ons verhouding in lyn bring met ons Skepper word ons verander deur Sy liefde. Dit verander hoe ons liefhet, hoe ons grenslyne toepas en ons kan makliker met ander oor die weg kom.
Met jouself, in jou huwelik, in jou gesin, in jou familie, jou vriendekring of sommer net met ander om jou en in jou omgewing.
Met die regte berading, begeleiding, of mentorskap is dit moontlik om te groei in verhoudings en te blom waar jy geplant is.
Gedagtes en innerlike wêreld.
…deur Bybelse waarhede en jou identiteit in Christus.
Jou gedagtes bepaal jou keuses, en jou keuses bepaal jou lewensuitkyk en wat jy ervaar en doen.
As ons ons lewe wil verander is dit belangrik om na ons gedagtes te kyk, dit te ondersoek en te evalueer. As Christen en kind van God moet ons leer om ons gedagtes te vernuwe sodat ons ongesonde patrone kan identifiseer en losbreek van dit wat ons bind en tot ons nadeel is.
Met die regte berading, begeleiding, of mentorskap is dit moontlik om jou gedagtes te ondersoek, evalueer en te vernuwe sodat jy tot die volheid kan kom van wie jou Skepper jou voor geskape het en wat jou doel is.
Selfsorg sonder skuldgevoelens.
…as geestelike dissipline, nie uit selfsug nie maar rentmeesterskap.
Christelike selfsorg gegrond op die Woord van God – die Bybel – is nie selfgesentreerd nie, dit is rentmeesterkap teenoor jou Skepper.
Om jouself lief te hê soos wat jou Skepper jou liefhet is essensieel vir jou geestelike, emosionele en fisiese gesondheid. Dit is die fondasie wat uitvloei na al die ander verhoudings rondom jou.
Met die regte berading, begeleiding, of mentorskap kan jy gehelp word om die regte balans te kry, gesonde ritmes wat jou gees, siel en liggaam bevoordeel tot goeie gesondheid en welstand.
Hier is ek. Ek stap saam met jou…
Jy hoef nie alles reg te hê voordat jy hulp soek nie. Soms het ons net ‘n veilige ruimte nodig waar ons eerlik kan wees, nuwe perspektief kan kry en met wysheid kan groei.
Kom ons stap hierdie pad saam. Jy is nie alleen nie. Jy is diep geliefd. En jy is geroep om genees, heel en bemagtig te lewe.

Wat ek bied
Ek bied Christelike lewensbegeleiding aan vir individue wat doelbewus wil groei in hul verhoudings, gedagtes en selfsorg. My benadering is persoonlik, Bybels gegrond en prakties toepaslik.
Markus 12v29-31 herinner ons daaraan dat om God lief te hê, jou medemens lief te hê, begin by: “om jouself lief te hê“. Hierdie begeleiding bestaan om jou te help om daardie waarheid uit te leef – voluit, vrylik en getrou.
Hierdie begeleiding is: – nie terapie nie, – nie ‘n denominasie of kerkbediening nie, – maar professionele ruimte vir genesing, groei en insig.
Suksesverhale
“Antonette se leiding het my lewe verander”
“Ek het deur diep trauma gegaan en alle hoop verloor, maar Antonette se insig en ondersteuning het my lewe verander. Met haar sagte oor en doelgerigte aandag het sy my gehelp om van afhanklikheid en emosionele blokkasies te herstel. Vandag is ek vry en vervul. Sy is ‘n uitsonderlike raadgewer wat werklik ‘n pad saam met jou stap en jou help om weer jou doel te vind.” — Mariè Gouws
My Storie
Vir jare het ek met depressie, selfsabotasie en ’n lae selfbeeld geworstel — selfs as ’n wedergebore gelowige. Daarom weet ek hoe dit voel om gebroke te wees, asook die impak wat dit op jou lewe het. Ek kon nie my lewe neerlê nie, omdat ek nie geweet het wie ek is nie. Maar deur die genade van God het ek genesing gevind in my gees, siel en liggaam. Uit daardie reis is my roeping gebore: om saam met ander deur hul eie valleie te stap en hulle te help om weer op te staan.
In die lig van my eie getuienis is hierdie bediening vir enigeen wat vasgevang, ongesiens of ontkoppel voel. Of jy nou in jou verhoudings sukkel, teen negatiewe gedagtes veg, of selfsorg afskeep — ek wil jou help om jou identiteit in Christus te herontdek en die liefde te omhels wat by God begin.
‘n Wonderlike verhouding begin by jou – gesond en vry van kettings wat bind, stewig geanker in Christus!!!
Antonette Bisset

VRYWARING
“Christelike lewensbegeleiding is ’n proses van groei en aksie, en nie ’n plaasvervanger vir mediese diagnose, psigiatriese behandeling of professionele sielkundige terapie nie. Antonette Bisset tree op as begeleier/mentor en nie as ’n gelisensieerde mediese praktisyn nie. Deur hierdie webtuiste te besoek, of enige sessies te bespreek, aanvaar u die besoeker van die webtuiste/persoon wat ‘n sessie boek volle verantwoordelikheid vir u eie besluite en vorderingspad en sal geen beskuldigings hogenaamd teen Antonette Bisset gemaak word vir besluite wat u self geneem het nie.”
